|
Okay, jy kan tunes maak en woorde daarvoor skryf. Baie
geluk. Ongelukkig gee dit nie vir jou ‘n loopbaan as
liedjieskrywer nie. Soos met enige ander loopbaanrigting,
maak die kreatiewe proses hoogstens 30% van die pakket
uit. Die res van die prosesse is minder romanties, maar
as jy ‘n meetbare sukses daarvan wil maak, moet jy besef
dat dit ‘n job soos enige ander is, met ‘n produk wat in
die vraag en aanbod van ‘n mark moet voldoen.
As liedjieskrywer is jy nie noodwendig die instrument
waardeur die produk aangebied word nie. Daar is wel
liedjieskrywers wat uitsluitlik vir hulle self of hul
eie band skryf en vir hulle gaan die skep van ‘n mark
hand aan hand met die lewering van die produk. Die
publiek koop in hierdie geval die performer en die
liedjie as een pakket. As jy egter besluit om jou
liedjieskryfdienste aan ander sangers beskikbaar te stel,
verg die kreatiewe proses meer beplanning. Jy kan nie
exactly vir Kurt Darren ‘n hip-hop song wil skryf of van
Koos Kombuis verwag om ‘n song, wat se note oor meer as
een oktaaf strek, te sing nie. Jou produk moet by die
“instrument” pas. Jy kan wel besluit om te spesialiseer
in ‘n spesifiek genre en nie opdrag werk te aanvaar nie;
Stef Kruger maak ‘n goeie bestaan uit hierdie manier van
liedjies skryf. Dit is ook so dat enige liedjieskrywer
‘n argief van voltooide songs het en soms is ‘n song
nommerpas, of jy hoef net klein veranderinge aan te
bring. Ek vind egter dat my mark aansienlik vergroot
word omdat ek opdrag werk ook doen. In so ‘n geval sal
die sanger of record label vir my ‘n onderwerp en styl
spesifiseer en ek skryf/komponeer daarvolgens (met die
sanger se stemtipe in gedagte).
’n Paar feite oor die mark:
- Bitter min bands of rock kunstenaars benodig
liedjieskryf dienste. Hulle skryf meesal hul eie songs.
- Die grootste mark vir liedjie skryf dienste in SA is
kommersiële Afrikaans.
- Oor die algemeen hou sangers van ballads (want dit
laat hulle mooi klink), maar die publiek verkies meesal
songs met beat. Dis ‘n gruwelike generalisation, ek weet,
maar al groei die ballads op ‘n CD in gewildheid,
verkoop die CD 80% van die tyd aanvanklik as gevolg van
een of twee songs met beat.
- Oor die algemeen (weer ‘n generilastion) is songs met
‘n rebellious, snaakse of positiewe boodskap gewilder as
‘n gewroeg.
Goed, nou het jy jou mark en styl geïdentifiseer, maar
dit is nie ‘n geval van “build it and they will come”
nie. Jy moet jou dienste bemark en mense moet jou songs
kan hoor. Daar is ‘n paar maniere om dit reg te kry:
- Adverteer die feit dat jy liedjies skryf. Vertel almal
wat jy ken daarvan, adverteer in musiek tydskrifte, of
op die internet. Internet bemarking is gewoonlik die
goedkoopste en as jy nie weet waar om te begin nie,
besoek gerus www.songwriting.co.za en stuur vir my
voorbeelde en ‘n profiel vir plasing op hierdie site.
Verskeie musiek websites het ook gratis classifieds
seksies waar jy kan adverteer.
- As jy nie aanvanklik ander kunstenaars ken wat jou
songs kan sing nie, doen dit self. As jy nie deur die
hele proses van professionele optredes en gigs soek wil
gaan nie, doen jou ding op buskers/open mic aande (daar
is baie klubs wat hierdie tipe ding aanbied). As jy
optree gaan jy met ander kunstenaars en industrie mense
in aanraking kom, wat dalk net in jou songs mag
belangstel.
- Kontak kunstenaars en record labels direk en vra of jy
vir hulle songs kan stuur vir oorweging.
Voor jy egter soos Bambi al trippelend jou songs vir
almal speel, besef baie mooi dat die musiek industrie
meer poachers as grootwild het. Die sad feit is dat jy
heelwaarskynlik nie gaan kry wat jou toekom nie en as jy
nie bewysbare kopieregte het nie, gaan jy defnitief niks
kry nie. Jou beste line of defence is dus om seker te
maak dat jy kopiereg kan bewys.
So maak mens:
Die onafhanklike manier – record jou song en seël in ‘n
pakkie met ‘n amptelike datum stempel (soos by
poskantoor). Dis legal, maar dicey. As jy, soos ek, hard
drives crash, geen bewysbare bewarings sisteem het nie
en rond trek, verloor jy maklik hierdie copies. Dis ook
redelik maklik om hierdie kopiereg teen te staan deur ‘n
ouer datum stempel te forge.
Die legal en safe manier – Registreer jou songs by SAMRO,
vir liriek en opvoerregte (tel:011-4895000) en SARRAL,
vir meganiese regte (tel:011-3391333). Dit kos jou niks
nie, jy moet net ‘n paar vorms invul en kopië van jou
lirieke en die liedjies (op CD) vir hulle stuur. Volg
maar gereeld met hulle op om te hoor of al jou liedjies
wel geregistreer is; hulle haat admin doen klaarblyklik
meer as ek.
- Die beste manier – As jou songs eers deur ‘n
gevestigde record label opgeneem is, doen hulle ook vir
jou publishing van die songs. Dit maak die cut van die
pie bietjie kleiner, maar jy is redelik verseker dat jy
wel jou royalties gaan kry.
Roylaties is bitter min; ek praat onder korreksie (dit
verander redelik gereeld), maar dis blykbaar in die
omgewing van R2 per opvoering, R150 vir 500 CD’s (per
song) en 10c elke keer as dit op die radio gespeel word.
Van optrede royalties kan jy basies vergeet. Die venues
moet dit betaal, maar meeste is nie by SAMRO
geregistreer nie (wat illegal is as jy live optredes
aanbied), of hulle vul net eenvoudig nie die vorms in
nie (SAMRO soek nie vir jou royalties nie, venue
eienaars moet vorms instuur elke keer as oorspronklike
local musiek live opgevoer word – ja right…). Meganiese
royalties werk op dieselfde prinsiep; radio stasies en
kunstenaars wat jou songs opneem moet vorms invul om die
gebruik van jou songs te registreer. Hier is SARRAL
darem so ‘n bietjie meer geesdriftig en word iemand
gevang sonder ‘n lisensie vir gebruik (hulle betaal
royalties saammet die aansoek hiervoor), sit hy
naeltjie-hoogte.
Baie liedjieskrywers wil dus weet hoe maak jy dan geld
uit hierdie ding uit….2 maniere:
- Volume - hoe meer CD’s opgeneem word met jou songs op,
hoe meer royalties kry jy.
- Once off fooie - ek (en meeste professionele
liedjieskrywers) vra ‘n eenmalige fooi as ek vir iemand
‘n liedjie beskikbaar stel.
Nou vir die groot fun en games….collecting your
royalties. Ek sukkel self my gat af, maar dis die
bietjie raad wat ek kan gee:
- Sit ‘n hold op jou songs by SARRAL; stuur vir hulle ‘n
e-mail of brief om te sê dat jou songs net met
skriftelike toestemming opgeneem mag word. Dit is die
enigste manier om die gebruik van jou songs te track; as
jy dit nie doen nie kan enige een sonder jou toestemming
jou songs opneem.
- Bevestig registrasie van alle CD’s met jou songs op
met SARRAL. Bel hulle elke maand. Ek sukkel egter al vir
2 jaar om sommige van my songs se royalties te kry, want
hulle volg ongelukkig nie lisensie betalings baie
entoesiasties op nie. Dan is daar ook nog record labels
wat jou met tegniese puntjies uit royalties verkul.
-Maak pelle met ‘n prokureur. Ek het al ‘n
nie-praktieserende advokaat as pel en wag in spannig vir
my nefie om te kwalifiseer as prokureur. Dis jou laaste
uitweg.
Ek weet ek depress seker nou enige kreatiwiteit uit
julle uit, maar dis ‘n helse ride en jy moet weet waar
om jou fliekers te gebruik. Dis ook ‘n lekker job en ‘n
hele klompie liedjieskrywers maak ‘n goei lewe daaruit.
Buitendien, dis nie asof jy dit kan help nie, as jy
songs kan skryf, moet jy dit doen. |