Lyrics


DIE TAFELS VAN VERMENIGVULDIGING

Nou eers het ek my les geleer
dat die lewe maar ‘n som is
en dat ons antwoorde daarop
maar almal ewe dom is.

Die Tafels van Vermenigvuldiging
was my steeds ongenadig,
na lewelank van eet en drink,
bly ek steeds onversadig.

Saai tot in die triljoenste mag,
die oes bly ewe skamel:
plus-minus ‘n klein handvol as
is al wat ons insamel.

My rykdom nou, ‘n druppel reën
wat in kappertjie gekelk is,
met glans wat voortleef in die gees
na kleur en fleur verwelk is.



Lirieke: Gedig deur Abraham Fouché
Melodie: © PlatAnna 2005


CD: In die Kring van die Digters - PlatAnna & Die 2-Year-Guarantee Band
      (Julie 2005)