STEFANUS
Stefanus, Stefanus, die rooi lig van die Vrystaat
val saans in die spore van die stofstraat voor ons deur
Stefanus, Stefanus, met jou aan my sy
laat dinge en denke my ure gedy
Koor:
Die sweet van ons aanskyn gee minder brood,
maar die wild open spaces
laat ons uitkyk vergroot
Stefanus, Stefanus, die stad se gelag
en gekners op ons tanne
word gesus in die nag
Stefanus, Stefanus, met jou aan my sy
laat doen wat ons kan my ure gedy
Koor:
Die sweet van ons aanskyn gee slightly meer brood,
maar die hekke voor ons hokke
maak ons vinniger groot
(lead break)
Stefanus, Stefanus, die seisoene verblaar
en blom soms ‘n gele
wat in die son staar
Stefanus, Stefanus, met jou aan my sy
laat plekke en tye my ure gedy
Koor:
Die sweet van ons aanskyn hou meer as ons bymekaar
en dit wat ons bereik
maak ons drome amper waar
Stefanus, Stefanus, jou krag en jou brein
maak die bad tye draaglik
en die goeie tye skyn
Stefanus, Stefanus, met jou aan my sy
sien ek kans vir dit alles wat my ure gedy
Lirieke en Melodie: © PlatAnna (2005)
CD: Halleluja Suid-Afrika -PlatAnna & Die 2-Year-Guarantee
Band
(April 2006)
|