SKOTTELGOED WAS
Daai meisie stoot pampoen
Ja, daai meisie stoot pampoen
Dit kom van staan en afloer
wat getroude vrouens doen
Ek trek die spoeg die hoek uit
Somerset se meisies terg
die manne uit hul broek uit
Chorus:
Skottelgoed was
die Antie sing bas
Kyk hoe hop haar stêrre
so mooi in pas
After all is said and done
sê oom Piet vir oom Jan
Vat maar jou drienk
so nou en dan
Ja, vat maar jou drienk so nou en dan
Roomys kom in bakkies
Suiker kom in sakkies
Maar ons klong kruip die plaaswerf vol
en eet die hond se akkies
Die pierings en die koppies
Ja, die pierings en die koppies
My jong man hou my wakker snags
met allerhande joppies
Chorus
Bridge:
Die bottel is gebore sonder kop of ore
maar sy nek en sy bek
sit op die regte plek
Chorus
Lirieke: RK
Blecher
Melodie: PlatAnna 2003
CD: Ons is Oraait - PlatAnna (Augustus 2004)
|