SILWER RITME
Die
pendulum swaai met silwer ritme
Witblits-ys van die nag besit my
In die boek van die tyd skryf ek rym-gedigte
Dansers draai in silwer ritme
Flitse
flikker in die ys-rook om my
Die rook blaas sirkels by die stoom verby
Asuur in die water wat hitte vermy
Sirenes lui, doringdrade versprei
doringdrade versprei
Chorus:
Oooh met silwer ritme
Oooh met silwer ritme
Die blou
vuur van jou lyf bestuur my
in die polsing van amper-verby
Die draai van die wiele in my kop skree jy
Die dadaïsme in my sal alles bevry
Chorus
Bridge:
Wat maak jy daar?
Hou jou rokkies bymekaar...
Daar’s
nagte wat nie weet van slaap
Daar’s dae wat nie weet van waak
Dis die siklus van angs en van wraak
Mmm, mag ek aan jou raak?
Fragmentasie
van beelde bly spook
in my platinum-denke wat smeltend kook
Roep die dogters van die gode wat kwaad wil stook
Oooh hulle gis in my ook
Chorus
Lirieke en Melodie: ©
PlatAnna (2000)
CD: Roer - Verskeie Kunstenaars (2003)
|