Lyrics


SALVOKOP BLUES

My huisie is klein, my gedagtes onrein
Die staat sê hy’s jammer en die werkers word armer
en ek begeer, mm mm, ek begeer 

My sente in die bank hou regtig nie lank nie
Want hoes en betaal bly die wet van Transvaal
en ek begeer, mm mm, ek begeer

Chorus:
Ek is bedoel vir ‘n lewe van gemak
Ek kan leer om na my asem te snak
terwyl almal my op die hande dra
ja, ek begeer , mm mm, ek begeer 

Ek’s omgeef van bak hande en ek kners op my tande
Ek verdrink in die skuld en jy bly op die bult
oe, ek begeer, mm mm ek begeer 

Ek is siels uitgeput van sukkel en kla
Moet my net nie vra om jou probleme te dra
want ek begeer, mm mm, ek begeer 

Chorus 

Lirieke en Melodie: © PlatAnna (1992)

CD: Halleluja Suid-Afrika - PlatAnna & Die 2-Year-Guarantee Band
      (April 2006)