Lyrics


SAL JY BY MY BLY?

Somtyds dink ek net aan jou
voel ek weer die oomblik
Jou raamwerk in my denke
jou stempel in die kassies van my oë

More sal verseker kom
wil ek vashou en vasklou
Die sekondes van more, die minute van nou
die ure van gister, het ek met jou

Sal jy luister, as ek fluister
Sal jy vra, as ek vertel
Sal jy antwoord, as ek jou roep
Sal jy, sal jy, sal jy by my bly

Het ek ooit kon raai dat
jou menswees my sal raak
My vang en my vashou
en my lewe se pad herbou

Ek sien dou op druppels
en ek voel die weste wind
Ek sien die man op die maan
en ek weet waar die suiderkruis skuil

Jy moet luister, as ek fluister
Jy moet vra as ek vertel
Jy moet antwoord as ek jou roep
Bly by my, bly by my, bly 'seblief by my.
Sal jy, sal jy, sal jy by my bly


Lirieke:
© Cas Plankies  2003
Melodie: © PlatAnna 2003

CD: In die Kring van die Digters - PlatAnna & Die 2-Year-Guarantee Band
      (Julie 2005)