Lyrics


ROOIKAPPIE EN DIE WOLF*

Mietie sê sy gaan nie meer mor nie
en haar lewe verder verdor nie
Sy wil niks meer weet
van ‘n man wat vergeet
dat iets lekkers vir hom lê en knor nie

Die besluitlose, blonde Klaries
kon nie tussen twee kêrels kies
toe gaan sit sy op ys
en sy sê kom bewys
wie kan my die die gouste ontvries

Koor:
O wee, o wee
in swart geklee
op ‘n Sondag middag
loop die weduwee Viljee
met twee,
net twee kolliehonde
langs die see
die see

Tog jammer van Bettie van Braam
so mooi maar so bitterlik skaam
Haar kleinsus beduie
as sy so aankruie
sal sy haar lus maar moet raam

My niggie, Aletta Le Grange,
is ‘n preutse ou gansie
Sy word wel gedek
maar met alle respek
dit is maar net deur assuransie

Koor

Bessie Bitter sê dis ‘n skande
hoe die mense nou steel hier te lande
een aand in April
verloor sy haar bril,
haar kuisheid, haar pruik en haar tande

Koor


Lirieke: versies- limirieke deur Flooi du Plessis, koor – uit “met Apologie” deur D.J. Opperman
Melodie:  © PlatAnna 2005

CD: In die Kring van die Digters - PlatAnna & Die 2-Year-Guarantee Band
      (Julie 2005)
      Halleluja Suid-Afrika - PlatAnna & Die 2-Year-Guarantee Band
      (April 2006)

* Werkstitel - die lirieke is saamgestel uit verskeie gedigte