Lyrics


ONS IS ORAAIT

Maak aan my beloftes in die nag
Maak aan my beloftes elke dag
Smile vir my en sê dis alles reg
Môre is die pyn en worry weg

Wat is in die pot, gee my ‘n dop
Speel ‘n song in blues en roer die sop
môre kraai die haan ‘n nuwe dag
Ek slaap al hoe vaster in die nag

Solank ons music het is ons oraait
Die donderweer kan bars, solank die wind net waai
Ek kan leef van water en van jou
Daai energie verdryf steeds elke kou

Ek skryf songs en jy sit in jou stoel
Ek en jy is vir mekaar bedoel
Al skree ons soms as dinge moeilik raak
vat die snaaks en lekker ons ook somtyds raak

Maak aan my beloftes in die nag
Maak aan my beloftes elke dag
Smile vir my en se dis alles reg
môre is die pyn en worry weg

Solank ons music het is ons oraait
Die donderweer kan bars, solank die wind net waai
More kraai die haan ‘n nuwe dag
Ek slaap al hoe vaster in die nag


Lirieke en Melodie: © PlatAnna (2003)

CD: Ons is Oraait - PlatAnna  (Augustus 2004)