Lyrics


ONE MAN SHOW

Hom naam is groot
al is hy lankal dood
Siembamba se kop
is innie sloot

Maak stop die wa
daar’s ‘n ding wat pla
Gaan Hy my net vat
sonder om te vra?

Chorus:
Die gat is gegrou
Die mense staan
en rou,
Maar die hele okkasie bly ‘n one man show
Die gat is gegrou
Die mense staan
en rou,
Maar die hele okkasie bly ‘n one man show

Die begrafplaas se hek
dis ‘n scrapyard van ‘n plek
maar eendag as die hoeter blaas
sal die Here ons weer opdjek

Oom Piet se as
in ‘n vles van glas
hy klou nog steeds aan die bottel vas

Chorus

Die begrafplaas se hek
ja, dis ‘n scrapyard van ‘n plek
maar eendag as die hoeter blaas
sal die Here ons weer opdjek

Chorus

By Petrus se hek
sal ek my bek moet rek
En kry hy my jammer
maak hy dalk vir my plek

Ek hou van die reis
met pap en vleis
Is my kaartjie retoer
gaan ek groot potte roer

Chorus

Lirieke: PlatAnna
+ R.K. Belcher
Melodie: PlatAnna (2004)

CD: Ons is Oraait - PlatAnna (Augustus 2004)