SPEEL BINNE SOET MAAR KLEINE
KIND
,speel binne soet maar kleine kind
hoor buite waai die bose wind
hy laat skepies hulle seile
telkens op sy vaarte krink
speel binne soet maar kindjie klein
al roer daar nêrens ‘n gordyn
ons hou die vensters dekseldig
al moet die son net buite skyn
speel rustig binne kleine kind
hoor buite waai ‘n ander wind
hy laat klein skepies met hulle seile
op twee gedagtes hink
speel net spéél net kleine kind
met jou hasie en jou lint
glo maar jy kan al die hase (/hasies)
strikkies om die halse bind
Instrumental
,speel binne soet maar kleine kind
hoor buite waai die bose wind
glo maar jy kan al die hase (/hasies)
strikkies om die halse bind
Lirieke: Gedig - © Jan Spies 1936
Melodie: © PlatAnna 2003
CD: In die Kring van die Digters - PlatAnna
& Die 2-Year-Guarantee Band
(Julie 2005) |