Lyrics


HOEKIE VIR EENSAMES

Jongdame van Ogies
is klein en fyn
en sy hou van fliek
Sy drink nie, sy rook nie
en sal met manne van inbors kliek

Rambo van Worcester
soek ‘n koeksuster
wat hou van die plaas
Hy’s groot en gesond
en op sy grond is hy die baas

Chorus:
Ek stuur maar my brief
aan hierdie rubriek
Moet my nie afjak
ek sit op die rak
Is daar ‘n deksel vir my pot
Sal jy tog deel in my eensaam lot
Ek soek ‘n by, want my bloeisels bot
My vorige liefde was ‘n regte rot!

Weduwee van Kaapstad
se hande kan raakvat
en sy hou van ‘n braai
is jou twak nie nat
kom maak ‘n draai
waar die Suid-Ooster waai

Vaalseun van Keimoes
vir vry’t hy gekoes
en nou’s hy tog so spyt
nou soek hy woes
na girls wat nie roes
na die eerste date

Chorus

Spokie van Dundee
het baie om te gee
en haar besem kan vee
kom vat die kans
vra haar vir ‘n dans
sy sê nie sommer nee

Hengelaar van Margate
gooi nou sy hoek uit
vir ‘n mooi jong date
Kom vaar op sy boot
en sit op sy skoot
Hy sal mooi na jou kyk


Lirieke en Melodie: © PlatAnna(2004)

CD:
Ons is Oraait - PlatAnna  (Augustus 2004)
      Halleluja Suid-Afrika - PlatAnna & Die 2-Year-Guarantee Band
      (April 2006)