JY IS MY HARTBEESHUIS
Reeds van lankal af het ons saamgestap
Ek en jy by baie dinge verby
Jy’s nog net so mooi
in jou jeans of getooi
en jy kan my nog altyd verlei
Dis lekker om te weet jy’s daar
winter en somer
jaar na jaar
Wat ek nie klein kan kry
is hoekom jy bly
maar ek’s joune en dis nou maar klaar
Chorus:
Jy is my hartbeeshuis
by jou is ek altyd tuis
van die voordeur af
tot in die kombuis
Jy is my hartbeeshuis
by jou is ek altyd tuis
van die voordeur af
tot in die kombuis
Saammet jou kan ek lag en dans
Saammet jou sien ek vir alles kans
As die petrol duur is
en die Bokke verloor
het ons mekaar om te troos
En as ek oud is
sal ek steeds vir jou sing
want jy is vir altyd, my ding
al daai fancy goed kan hulle maar hou
want ek het vir jou
Chorus
Lirieke en
Melodie: ©
PlatAnna
2003
CD:
In die Kring van die Digters - PlatAnna & Die
2-Year-Guarantee Band
(Julie 2005)
|