Lyrics


EK IS NAAR
 

Die water in die wyn maak die dors in my bang,
Die drange laat my kruip deur ‘n lang donker gang
Die nikotien en teer maak my asemhaal swart
Statistieke in koerante bly conscience ook tart

Die jitters van die oggend hou my heeldag deur  wakker
In die aand word ek ook glad nie makker
Die promise van slaap elke volgende nag

jaag die skape en h
ïennas wat vir my staan en lag
 

Chorus:
Ooh ooh, ek is naar
Ooh ooh, ek is naar


Aan die punt van die re
ënboog sal ‘n goue pot wag

Oor ‘n jaar kry ek als van belang in my mag

In die blond en die blou sal die vo
ëltjies weer sing

En dan sit ons ook almal saam in ‘n kring


Southern Comfort is ‘n mite teen ‘n ho
ë prys

En die spoed van die jare laat my ore suis
Daar’s ‘n ding in elke bar-stoel wat my ceiling toe skop
Daar’s ‘n gis in elke drankie wat beskawing afdop

Chorus 

Bridge:
Waar is die maan? 
Kan ek huis toe gaan?

Die sport op die TV sit my naweke af
Die klippe en die kole maak my kaal voete tough
Die budget van die maand vang my min of meer
En die smile van ‘n blond maak my dimples seer 

Die water in die wyn maak die dors in my bang,
Die drange laat my kruip deur ‘n lang donker gang
Die promise van slaap elke volgende nag

jaag die skape en h
ïennas wat vir my staan en lag


Chorus
 

Lirieke en Melodie: © PlatAnna (2000)

CD: Ons is Oraait - PlatAnna
      (Augustus 2004)