AS
DIE CHEETAH GROM
Was jy al ooit op
Loftus
as dit vol is en dit rof is
en 'n Os meer horing
as 'n bul het?
En was jy al in die Vrystaat
as Ryno heel op loop raak
en die Cheetahs Anton se Fortuin vertel?
Chorus:
As die Cheetah grom
val die ander om
want die beker het weer teruggekom
Ja, as die Cheetah grom
skrik die ander hulle dom
want 'n Cheetah sny 'n spoor nie krom
Vir 'n ref is ons nie bang
al bly hy strooi aanvang
ons baal dit
en voer dit vir die Bulle!
Haaie kan dalk swem
Disa's kan dalk blom
maar kan nie wen
as die Cheetah grom
Chorus
Ons spelers is mos ysters
hul word gereeld gekoop
deur ander unies elke jaar gestroop
maar 'n mielie groei mos weer
en die hele land eet pap
Tik 'n Cheetah en jy kry 'n klap!
Chorus
Lirieke: D/G
Drommer en PlatAnna (2005)
Melodie: PlatAnna 2005
CD: Halleluja Suid-Afrika - PlatAnna & Die
2-Year-Guarantee Band
(April 2006)
|