Lyrics

GEE MY 'n BOODSKAP

Gee my 'n boodskap reg in my maag
Gee my 'n boodskap in die aand as ek slaap
Gee my 'n boodskap wat my stil laat staan
Gee my die boodskap wat my rigting baan

Gee my 'n boodskap as die dag begin
Gee my 'n boodskap wat my aanhou laat sing
Gee my 'n boodskap vir nog 16 jaar
Gee my die boodskap vir die dinge wat pla

As ek stap op ons pad, soos ek twaalf jaar al doen
sal jy steeds in die nag my lippe soen
As ek jaag na 'n einddoel wat ek nooit bereik
sal jy lag sonder om te verwyt

Daar was 'n tyd toe ek gretig was
daar was 'n tyd toe ek anders wou lyk
Daar was 'n tyd toe ek nie myself kon beheer
Nou's ek ouer maar nog als maak seer

Gee my 'n boodskap reg in my maag
Gee my 'n boodskap in die aand as ek slaap
Gee my 'n boodskap wat my stil laat staan
Gee my die boodskap wat my rigting baan

Gee my 'n boodskap as die dag begin
Gee my 'n boodskap wat my aanhou laat sing
Gee my 'n boodskap vir nog 16 jaar
Gee my die boodskap vir die dinge wat pla

Daar's 'n klop in my kop wat geen deure oopmaak
Daar's die baster-gevoel van alles maak saak
Daar's 'n vraag op 'n vraag aan die einde van die les
Twee en veertig is net sewe maal ses

Gee my 'n boodskap reg in my maag
Gee my 'n boodskap in die aand as ek slaap
Gee my 'n boodskap wat my stil laat staan
Gee my die boodskap wat my rigting baan

Gee my 'n boodskap as die dag begin
Gee my 'n boodskap wat my aanhou laat sing
Gee my 'n boodskap vir nog 16 jaar
Gee my die boodskap vir die dinge wat pla

Gee my 'n boodskap
Gee my 'n boodskap
Gee my 'n boodskap wat my mind op maak
Gee my die boodskap wat sal maak dat ek slaap

Gee my 'n boodskap
Gee my 'n boodskap
Gee my 'n boodskap wat die struggle verlig
Gee my die boodskap wat depressie ontstig

Gee my 'n boodskap reg in my maag
Gee my 'n boodskap in die aand as ek slaap
Gee my 'n boodskap wat my stil laat staan
Gee my die boodskap wat my rigting baan

Lirieke en melodie: © PlatAnna (2001)

CD: Ons is Oraait - PlatAnna
      (Augustus 2004)