|
Lyrics |
Jy sê vir my: “Ou Boetie wat moveer jou? Dink jy die mense lees jou versies? Glo Ons het nog ander goed om oor te babbel En hou nie van slampampertjies hierbo.” Nou goed, ou boet; ek skrywe nie vir jou nie. Die windswael sing – nou waarvoor moet hy sing? Vir jou en my? Nee, wragtie, vir homselwe - Net om hy iets moet sê – iets, iets moet bring! En ek ook, soos ‘n windswael, maak my versies Nie maar vir jou – nee, glad nie, want ek weet Jy hou mos nie daarvan nie – jy wat te trots is Omdat jy dink jy het die wysheid beet. Ek sing net vir myself; uit puur verstrooiing Maak ek slampamperliedjies net soos dié: ’n Mens moet huil of lag, moet loop of stilsit, En ek moet versies maak of praat met ….wie? Lirieke: Gedig deur C Louis Leipoldt Melodie: © PlatAnna 2005 CD: In die Kring van die Digters - PlatAnna & Die 2-Year-Guarantee Band (Julie 2005) Halleluja Suid-Afrika - PlatAnna & Die 2-Year-Guarantee Band (April 2006) |