Lyrics


BOEREWALS

In die wapad hang ‘n sekelmaan
En die os stap gedweë maar aan
Daar’s pap in die pot
Om die kers is ‘n mot
en die boere bekla hulle lot

Chorus:
Vaders ontrou, Moeders in rou
Niggies en Nefies verbrou
Die leer word gebrei, maar die swaar gaan nie verby
en die skape staan en blêr in ‘n ry

Waar die son sak in die Noorde
En die hele gesin dink  aan moorde
Waar die jeug vrot in denke en genot
Is daar rus in die bloeisels se bot

Praat*:
Vir ‘n sweer op die vinger, sny ‘n gaatjie in die maag van ‘n Platanna en druk jou se vinger daarin.
Vir sooibrand, eet ‘n skoongepkrapte wortel.
Brandewyn en sout help vir kneusplekke
Loo
d en opium help vir kniepyn
Moenie spat-are vryf nie
Bind ‘n lewendige parra op ‘n skerpio
en steekplek vas
‘n Slangvelpluisie is goed teen steek in die oor
en Dassie urine verlig ‘n hoë koors

Chorus

Lirieke en Melodie: © PlatAnna (2000)
*Bron vir boererate: “Waar die volk skep” – Abel Coetzee


CD: Ons is Oraait - PlatAnna
      (Augustus 2004)