|
Lyrics |
Toe ek jou ontmoet het jy met ‘n skewe smile my gegroet Later daardie dag het ons saam gelag ek’t geweet hier kom iets goed Nou’s dit ek en jy wat hare in die wind op jou motorfiets ry die wêreld kan maar kom jy’s my blou-oog bom dis lekker aan jou sy Chorus: Jy’s my easy rider my rock ‘n roll spider die ritme in my dans Jy’s my Jimmy Dean my t-shirt en my jeans Jy’s my Blink Stefaans Gaan ons die horison in ry Gaan jy vir altyd by my bly Bokkie, Bokkie, jy’s ‘n bakgat ou Jy is die suiker op my pap Jy is die heupswaai in my stap Bokkie, Bokkie, jy’s my geel en blou Met jou sal ek waag want jou vure kan die donker verjaag Met jou is dit net somer word ek weer ‘n dromer en lag diep uit my maag Hierdie ek en jy ek wonder nou nog hoe’t ek dit reggekry maar jy hou my vas en knoop my in jou jas waar ek lekker warm bly Chorus x2 Melodie en Lirieke: © PlatAnna 2004 CD: Halleluja Suid-Afrika - PlatAnna & Die 2-Year-Guarantee Band (April 2006) Ook opgeneem deur Manasha (2005) |