Lyrics


BLANCHIE EN OUMOU: ‘n REINE LIEFDE

Op stap met hul trollies
by die self-service plek
het Blanchie vir Oumou
in ‘n botsing ontdek

Die ding het begin
onder Sanpic en Vim
want wie kan besin
onder Sanpic en Vim

Haar trollie het ontspoor
en met syne konnek
en albei is raaklings
tot romanse gewek

Die ding het begin
onder Sanpic en Vim
want wie kan besin
onder Sanpic en Vim

Die botsing was pynlik
maar genadig fataal:
onder skerwe en skuim
is hul gloeiend gehaal

Die ding het begin
onder Sanpic en Vim
want wie kan besin
onder Sanpic en Vim

Hul kinders is blankes
-toutologies bepaal!-
op die keper beskou
tog ‘n O.K.-verhaal



Lirieke: Gedig deur Hennie Aucamp
Melodie: © PlatAnna 2005