ARMBLANKES
Daar is geen kos in hierdie huis
Die longdrop deur is lankal gesluit
Die ouderling en dominee
het hul hande reeds in onskuld gevee
Chorus:
Ons is armblankes, leef vir nou en hier
'n Bottel drank ons een plesier
Ons sing, ons speel
van die oukraalliedjie wat ons nooit sal verveel
Die kar se enjin is in drie
Die voorstoep paadjie is vol ghries
Die meisie by Shoprite se till
lyk asof sy vir jou al gril
Chorus
Jou jannas sit al amper te styf
Daar's ghout en pyne in jou lyf
Die agterdeur is afgeskop
en daar's vier-syfer nommers in jou kop
Chorus
Lirieke en Melodie: © PlatAnna (2001)
CD: Halleluja Suid-Afrika -PlatAnna & Die 2-Year-Guarantee
Band
(April 2006)
|